Jackie Onassis

Jacqueline Kennedy Onassis
Jackie Onassis

Eerste Dame van die Verenigde State
Ampstermyn
20 Januarie 1961 – 22 November 1963
President John F. Kennedy
Voorafgegaan deur Mamie Eisenhower
Opgevolg deur Lady Bird Johnson

Persoonlike besonderhede
Gebore (1929-07-28)28 Julie 1929
Southampton, New York
Sterf 19 Mei 1994 (op 64)
New York
Politieke party Demokratiese Party
Eggenoot/-note John F. Kennedy
Religie Rooms-Katoliek
Handtekening

Jacqueline Lee Kennedy Onassis (née Bouvier; 28 Julie 1929 – 19 Mei 1994) was die Eerste Dame van die Verenigde State van Amerika gedurende die presidentskap van haar eggenoot, John F. Kennedy, vanaf Januarie 1961 tot sy moord in November 1963.

Bouvier is in Southampton, New York gebore. Haar pa was 'n aandelemakelaar op die Wall Street-beurs, John Vernou Bouvier III, en haar ma, Janet Lee Bouvier. In 1951 het sy gegradueer met 'n BA in Franse letterkunde aan die George Washington Universiteit en het vir die Washington Times-Herald as 'n ondersoekende fotograaf gewerk.[1]

In 1952 het Bouvier kongreslid John F. Kennedy by 'n dinee in Washington ontmoet. Na sy verkiesing tot die Senaat in 1952, is die egpaar getroud op 12 September 1953 in Newport, Rhode Island. Hulle het vier kinders, van wie twee gesterf het in hul kinderjare. Na haar man se verkiesing as president in 1960, was Jacqueline Kennedy bekend vir haar hoogs-gepubliseerde opknapping van die Withuis met die klem op kuns en kultuur, sowel as vir haar styl en elegansie.[2][3] Op slegs 31-jarige ouderdom toe haar man ingehuldig is, was sy die jongste Eerste Dame sedert Frances Cleveland. Sy was ook die eerste Rooms-Katoliek om as Eerste Dame te dien.[4]

Op 22 November 1963 was Jacqueline Kennedy saam met die president in 'n opelugmotorkade in Dallas, Texas toe hy vermoor is. Na afloop van sy begrafnis het sy en haar kinders hulle grootliks uit die openbare lewe onttrek. In 1968 is sy getroud met die Griekse skeepsmagnaat Aristoteles Onassis. Na Aristoteles se dood in 1975 het sy 'n loopbaan gevolg as uitgewer en redakteur in New York Stad. Sy sterf op 19 Mei 1994 in die ouderdom van 64 jaar.

Gedurende haar leeftyd is Jacqueline Kennedy as 'n internasionale mode-ikoon beskou.[5] Haar beroemde pienk Chanel-pakkie en 'n gepaardgaande kussingshoed het 'n simbool geword van haar man se sluipmoord. Selfs na haar dood is sy in 1999 as een van die gewildste en herkenbare Eerste Dames van die 20ste eeu gehuldig.[6]

  1. https://i.pinimg.com/originals/b8/81/a9/b881a947fca72c742707305836e44c82.jpg
  2. Hall, Mimi. "Jackie Kennedy Onassis: Amerika se Tipies Ikoon van Styl en Genade'. USA Today. Url Besoek Op 13 Februarie 2011.
  3. Circa 1961: Die Kennedy Withuis se binne-afwerking deur Elaine Rys Bachmann. Aanhaling: "Die voorkennis van haar woorde is merkwaardig gegewe die invloed wat sy uiteindelik op mode, binneversiering en argitektoniese bewaring gehad het vanaf die vroeë 1960's tot haar dood in 1994 'n Teleurstellende besoek aan die Uitvoerende Herehuis toe sy 11 was, het 'n diep indruk gelaat, een waarop sy dadelik gereageer het toe sy geweet het sy sou presidentsvrou word..." Besoek op 13 Februarie 2011.
  4. Sieczkowski, Cavan (Mei 25, 2017). Melania Trump will be the first Catholic to live at the White House since JFK.
  5. Craughwell-Varda, Kathleen (14 Oktober 1999). Looking for Jackie: American Fashion Icons. Hearst Books. ISBN 978-0-688-16726-4.
  6. "Gallup Most Admired Women, 1948–1998" (in Engels). Gallup. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2017. Besoek op 18 Augustus 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search